Is jy ‘n goeie vriendin?

Ja natuurlik! Dit is die meeste vrouens se eerste reaksie. Is jy werklik?

As ‘n vriendin jou skakel, val jy sommer dadelik in met klaagliedere oor jou man, jou huis, jou skoonma wat kom kuier? As jou vriendin nog iets probeer sê, val jy haar sommer in die rede en begin vertel van jou kinders se goeie punte of wedstryde wat hulle gewen het?

Is jou hartseer altyd die belangrikste? Is jou swaarkry altyd die ergste? Is jou hart heeltyd stukkend sonder om een keer te vra “Hoe gaan dit met jou vriendin”?

Vat jy net altyd en gee niks terug nie? Suig jy soos ‘n spons jou vriendinne se goedheid en omgee op sonder om ooit iets terug te gee? Gaan dit net oor die eie ek?

Wat is die eienskappe van ‘n goeie vriendin?

‘n Goeie vriendin is nie jaloers op jou nie, nee, sy gun jou die nuwe rok of die bevordering en is saam met jou bly.

‘n Goeie vriendin dink jou kinders is die wonderlikste bloedjies onder die son en sien jou kinders haar, as familie.

‘n Goeie vriendin kan jy vertrou met jou lewe en jy weet sy sal nooit die geheime wat jy met haar deel ooit met iemand anders bespreek nie.

‘n Goeie vriendin is die enigste persoon wat saam met jou ‘n tranetrekker sal kyk en saam op jou skouer huil oor die hartseer einde.

‘n Goeie vriendin is iemand wat saam met jou opgekrul op ‘n bank kan sit en ure lank kan gesels oor die nuutste grimering, klere of verhoudings sonder om verveeld met jou geselskap te raak.

‘n Goeie vriendin sal verstaan as jy in trane is as jou goudvis dood is.

‘n Goeie vriendin sal vir jou bid as sy nie meer antwoorde het nie.

Goeie vriendinne is dun gesaai. Goeie vriendinne is ook nie noodwendig jou skoolmaat of jou vriendin by die werk nie. Nee dit het niks te doen met die jare wat julle mekaar ken nie. ‘n Goeie vriendin is soms die meisie wat jy ontmoet toe jy met ‘n pap wiel langs die pad gaan staan het. Ja, sy was die enigste een wat bereid was om te stop om jou te help. ‘n Vriendskap wat sommer so toevallig gebeur het.

Jy het nie vrae gevra nie maar die omgee in haar oë en die dankbaarheid in jou hart het julle gebind.

Dis die gee en die neem van die lewe.

Dis die daar wees vir mekaar.

Die omgee.

Is jy ‘n goeie vriendin?

Gaan kyk na jou verhouding met jou vriendinne en besluit vandag om eerder, voor jy vra, te gee.

Om te troos voor jy self getroos wil word.

Om te luister voor jy self praat.

Om te bid as jy nie antwoorde het nie.

Ons is soms so geneig om bakhand in ons verhoudings te staan dat ons nooit die seer en pyn in ander raak sien nie. Ons almal, ek en jy gaan deur die lewe met ons eie sak bagasie wat ons soms grond toe wil trek. Ons het elkeen ons eie hartseer, ons eie verliese waardeur ons moet werk. Dis nie net jy nie!

Van swaarkry in hierdie wêreld is daar baie. My seer is nie minder werd as jou seer nie. Seer bly seer. Hoe diep of hoe vlak mens se seer lê, ons almal verwerk dit op ons eie unieke manier.

Hoe is mens ‘n goeie vriendin?

In enige verhouding gaan dit oor gee en neem en daar moet ‘n balans in wees. Om net te gee en niks te ontvang nie werk ook nie en gaan jy so ‘n vriendin verloor.

Luister en praat minder;

Glimlag as jy jou vriendin vra hoe dit gaan;

Bel haar en SMS haar gereeld om kontak te behou en haar te laat voel sy is spesiaal;

Onthou haar verjaarsdag;

Respekteer haar huwelik en haar man of haar verhouding;

Moet nooit van haar skinder by ander vriendinne nie;

Moet haar nooit laat voel dat haar probleme van minder belang is nie;

Moet haar nooit minderwaardig laat voel nie;

Lag saam, daar is geen beter medisyne as dit nie!

Dit wat ons saai in ons vriendskappe, die blomme, die lag en die omgee, dit alles ontvang ons tog op die ou einde weer in ‘n dubbel dosis terug. Dit laat ons mandjies oorloop van liefde vir ons naaste, ons gesinne en ons vriendinne.

‘n Goeie vriendin is:

‘n lag vriendin;

‘n saam huil vriendin;

n blomme vriendin;

jou beste vriendin.

Waardeer haar!  Wees lief vir haar!  Wees daar vir haar!

Thoughts

Human beings seldom step outside of themselves to really grasp the needs and fears of others. We often project our own thoughts and beliefs upon strangers, and make judgments based upon how we think they ‘should’ be living their lives. If only we could experience a few moments inside the feelings of another person, the world would be a much more compassionate and benevolent place.-Chelle Thompson

DIRKIE UYS – DIE SLAG BY ITALENI

‘n Kinderheld

Dit is Februarie 1838.  Die Voortrekkers in Natal het baie teenspoed beleef en was daar nou honderde weduwees en weeskinders.  Buiten dat mense hulle lewens verloor het, het hulle ook die meeste van hulle vee verloor wat deur die Zoeloes weggevoer is.

Die Voortrekkers was brandarm en het daar ‘n totale gees van verslaenheid oor hierdie groep geheers.  Die Voortrekkers was onseker oor wat om te doen, sommige het gevoel hulle moet terug oor die Drakensberge, weg van die Zoeloes af maar die meeste het besluit om te bly en Dingaan te straf vir wat hy aan hulle gedoen het.

Hulle het besluit om ‘n sterk kommando saam te stel en Dingaan te gaan straf en ook met die hoop dat hulle van hulle vee terug kan kry.  Hierdie groep was te klein en hulle moes die hulp inkry om hulle te help om Dingaan te gaan straf. Boodskappers is uitgestuur na die Vrystaat en die Kaapkolonie om mense te werf vir hierdie kommando.

Piet Uys het op die oproep reageer.  Sy trek was nog Noord van die Drakensberge maar toe hy van die slagtings verneem het hy en sy trek onmiddellik na Natal vertrek.

Die ander Voortrekkerleier, Hendrik Potgieter het nou ook nader getrek na die hoofgroep van die Voortrekkers wat in die Doornkop area was.

Maart 1838. Die Voortrekkers het reeds ‘n paar honderd weerbare manne bymekaar gehad en is daar toe besluit dat die kommando onder aanvoering van Uys en Potgieter, Dingaan moes gaan straf.

Piet Uys het besluit om sy tweede oudste seun Dirkie saam te neem omdat hy goed kon perd ry en goed kon skiet met ‘n geweer.

Saterdag 7 April het ‘n kommando van 374 manskappe uitgetrek om Dingaan te gaan straf.  Slegs perde is saam hulle geneem waarop ammunisie en kos op gepak is.

Op 10 April het die Voortrekkers se verkenners die Zoeloes gewaar. Dit was reeds laat en die Voortrekkers het besluit om nie nader te gaan nie.

Woensdag 11 April. Toe dit lig word gewaar die kommando’s dat daar nie ‘n Zoeloe in sig is nie.  Hulle besluit om verder te trek in die rigting van Dingaan se hoofstat maar nie ver daarvandaan het hulle op die Zoeloes afgekom.

Niemand is presies seker waar presies die slag plaasgevind het nie maar kan daar aangeneem word dat dit naby Italaberg nie ver van die Insuzerivier was nie.

Die Italaberg was nie baie hoog nie, eerder ‘n heuwel en is taamlik lank en breed.  Teen hierdie hange was ‘n Zoeloe impi en verder op die vlakte nog ‘n impi.  Toe die kommando dit sien het hulle eers beraad gehou. Uys en Potgieter het besluit om die impi’s gelyk aan te val.  Uys het Potgieter die kans gegun om te kies watter impi hy wil aanval.

Potgieter het op die impi in die vlakte besluit.

Potgieter was versigtig, hy het die klowe en lande laat ondersoek om te kyk of daar enige Zoeloes skuil.  Uys aan die anderkant het sy manskappe laat roep en met die perde teen die berg uitgejaag.

Volgens bronne het Uys en sy kommando tot binne vyftig tree van die Zoeloes af gekom en gesien dat hulle in drie regimente verdeel is, regiment agter regiment, skuilend agter hulle skulde.

Die Voortrekkers het van hulle perde afgespring en voordat daar ‘n skoot geskiet is het die Zoeloe aanvoerder blykbaar vir sy regimente geskree dat sodra die wit mense skiet moet hulle storm.

Die Voortrekkers het soos een man begin skiet, die aanvoerder van die Zoeloes het eerste gesneuwel aan die hand van Pieter Nel.

Die Zoeloes het op die vlug begin slaan terwyl die Voortrekkers in kleiner groepies opgebreek het en die Zoeloes begin agtervolg het. Die Zoeloes het groot verliese gely maar nog was dit nie die einde nie.

Met die agtervolging het daar twee Malans waaghalsig opgetree deur te naby aan die klowe te beweeg en kon hulle maklik afgesny word van die res van die groep.  Toe Uys dit gewaar het hy dadelik ‘n vrywilliger gestuur om die twee te waarsku maar het sy eie perd vrye teuels gegee en tot by die Malans gery om hulle te waarsku om terug te kom.

Toe hulle omdraai het die Zoeloes uit die bosse op hulle afgestorm en op Uys en die Malans toegesak.  Soos hulle teruggeval het moes hulle aanhoudend skiet en Uys het agtergekom iets skort met sy geweer.  Uys het effens stadiger gery om die geweer reg te probeer maak toe hy ‘n skerp pyn in sy heup voel.  Een van die Zoeloes se assegaaie het hom diep in die heup getref.  Die wond het baie gebloei en man alleen het hy die spies uit sy heup getrek en teruggery op sy perd na die ander manskappe.

Die geveg was hewig en in die proses terug na die ander manskappe het Uys ‘n man gesien hardloop.  Dit was ene Jan Meyer.  Sy perd het gestruikel en die ruiter is afgegooi.  Die perd het  onmiddelik opgespring en weggehardloop en Jan Meyer moes sy hoed en geweer net so laat lê en hardloop voor die aankomende Zoeloes.

Dit is toe dat Uys hom gewaar en tot by hom gery het en hom beveel het om saam met hom agter op sy perd te klim.  Uys se perd was groot en kon albei die ruiters met gemak dra.

Uys het stadig gevorder en het al hoe meer begin bloei, so erg dat daar later bloed by Uys se mond en neus uitgekom het.  Toe hy uiteindelik by die klein groepie manskappe uitkom het Uys flou geword van die bloedverlies.

Die manskappe het hom weer bygebring en tot hulle ontsteltenis besef dat hulle alleen was en dat al die ander Voortrekkers reeds gevlug het. Hierdie groepie was nou afgesny van die groot groep af en omring deur die Zoeloes van al die kante af.

Met Uys swaar gewond en die Zoeloes om hulle moes hulle retireer om tot by die hoofgroep te kom en het aanhoudend op die Zoeloes skiet.  Dirkie Uys was die heeltyd by sy vader.

Die groep het stadig beweeg en Uys het vir ‘n tweede keer flou geword.  Hy is weer bygebring maar nou het mans langs hom gery en hom gestut om sodoende op sy perd te hou.

Die groepie mans by Uys was nou so min dat hulle lewens almal in gevaar was.

Hulle het by ‘n rietspruit gekom en die Zoeloes het weer begin aanval. Die groep mans kon deur die spruit kom maar aan die anderkant het Uys weer flou geword.  Hy het gevra om afgetel te word van sy perd en neergelê te word. Uys het besef hy is besig om te sterf en kon nie langer sy manne se lewens in gevaar stel nie.  Hy het hulle aangesê om hom daar te los en te veg vir hulle eie lewens.

Die groepie mans het eers getwyfel maar gou besef dat dit noodlottig sou wees om langer daar te bly.  Dirkie het ook eers geaarsel maar op sy perd gespring en ook weggejaag.

Dirkie was ongeveer honderd tree van sy vader af weg toe hy omkyk en sien hoe die Zoeloes sy gewonde vader aanval. Op daardie oomblik het hy nie aan sy eie lewe gedink nie maar om sy vader te help en het omgedraai en met sy perd op die Zoeloes afgejaag.

Dirkie het op die Zoeloes geskiet maar dit het stadig gegaan om die Voorlaaier gelaai te kry en kon hy net drie Zoeloes doodskiet voordat ‘n assegaai hom ook getref en hy by sy vader gesterf het.

Dirkie Uys word beskou as ‘n kinderheld omdat hy die hoogste prys, naamlik sy lewe gegee het vir sy vader wat sterwend was.

DIE VERHAAL VERDIEP

Meer as agt maande na hul dood het Dirkie Uys se oudste broer Koos Uys na gevegsterrein gegaan om na die oorblyfsels van die oorledenes te gaan soek.  Die oorskot van Piet Uys en die ander is gevind maar Dirkie se oorskot kon hulle nie vind nie.

Die verhaal van Dirkie verdiep verder.  Jare later sou ‘n familielid ‘n kruithorinkie en silwer onderbaadjieknopies van ‘n ou Zoeloe kry.  Die Zoeloe het vertel dat hy as seun in die slag van Italeni was en dat Dirkie Uys nie doodgesteek is nie maar dat hy lewendig na Dingaan toe geneem is en Dingaan hom later laat doodmaak het.

Hierdie Zoeloe seun wou graag iets van Dirkie besit en het toe na die lykie toe gegaan en die silwer knopies en die kruithoring verwyder.

Of hierdie verhaal van die Zoeloe waar is weet ons nie maar wat ons wel weet is dat hierdie Zoeloe doodgemaak sou word indien iemand uitgevind het dat hy aan ‘n lyk geraak het van iemand wie Dingaan beveel het om doodgemaak te word.

Daar is ook die verhaal wat beweer dat daar sop van Dirkie Uys se lyk gekook en gedrink is – of dit die waarheid is weet ons nie.

Maar soos een navorser dit stel: “Laat ons nooit vergeet dat die betreklike vrede en gees van naasbestaan wat ons vandag in hierdie mooi land ervaar, meer as ’n eeu en ’n half gelede ook met kinderbloed gekoop is nie.”

BRONNE:

http://samilitaryhistory.org

http://www.mieliestronk.com

http://www.myfundi.mobi/a/Suid-Afrikaanse_Geskiedenis

 

 

Do it today.

If I knew it would be the last time, I could spare an extra minute or two to stop and say “I love you,” instead of assuming, you would know I do.

For surely there’s always tomorrow to make up for an oversight, and we always get a second chance to make everything right. There will always be another day to say our “I love you’s”, And certainly there’s another chance to say our “Anything I can do’s?”

But just in case I might be wrong, and today is all I get, I’d like to say how much I love you and I hope we never forget, Tomorrow is not promised to anyone, young or old alike, And today may be the last chance you get to hold your loved one tight. So if you’re waiting for tomorrow, why not do it today?

For if tomorrow never comes, you’ll surely regret the day, That you didn’t take that extra time for a smile, a hug, or a kiss and you were too busy to grant someone, what turned out to be their one last wish. So hold your loved ones close today, whisper in their ear, Tell them how much you love them and that you’ll always hold them dear, Take time to say “I’m sorry,” “please forgive me,” “thank you” or “it’s okay”.

And if tomorrow never comes, you’ll have no regrets about today.

Thoughts

I expect to pass through this world but once.
Any good, therefore, that I can do or any kindness I can show to any fellow creature, let me do it now.
Let me not defer or neglect it for I shall not pass this way again.
— Stephen Grellet